’n Baie spesiale bundel verhale van predikante vanuit die VGK en die destydse NG Sendingkerk is onlangs deur Christelike Lektuurfonds uitgegee.

Voor ons vergeet, vertel die ervaringe van dié predikante gedurende hulle bedieningstyd in die apartheidsjare. Soms is dit komies, maar soms is dit gewoon net skokkend en hartseer. Ds Jurie van Rooy het vertel dat die skryf van hierdie bundel vir baie van hulle “closure” gebring het omdat ‘toe dié goed met ons gebeur het, was daar mos nie mense met wie ons daaroor kon praat nie’.
Natuurlik is daar veel meer verhale as dié wat in die bundel opgeneem is, en ds Jurie en van die ander skrywers het CLF verseker dit is nie die laaste vertel van hierdie kosbare verhale nie.
Prof Koopman skryf op die buiteblad: “Dit is nie verhale wat ons vasgeketting hou aan die verlede nie. Dit is verhale wat ons wil leer uit die verlede sodat ons ’n beter toekoms kan bou.”

Die boek is by CLF beskikbaar teen R80, posgeld uitgesluit. Stuur ’n e-pos aan [email protected] of skakel 021 873 6964. Klik hier om aanlyn te koop